Soorte resepte:

Resep: Melktert

Melktert (Foto: Lapa-uitgewers)

Vier vandag Nasionale Melktertdag met dié deftige melktertresep.

Bestanddele

SOET BROSKORSDEEG

  • 1 ¼ k (175 g) koekmeel
  • 2 e (30 ml) versiersuiker
  • ⅓ k (85 g) Clover Mooi River-botter, verkoel en in klein blokkies gesny
  • 1 eiergeel
  • 1 e (15 ml) koue water

VULSEL

  • 4 k (1 l) Clover Mmmilk-vanieljegeur-volroommelk
  • 3 e (45 ml) Clover Springbok-botter
  • 2 lourierblare
  • ¾ k (150 g) suiker
  • 3 eiers
  • 3 e (45 ml) koekmeel
  • 3 e (45 ml) mielieblom

AFRONDING

  • 1 t (5 ml) fyn kaneel
  • ¼ t (1 ml) neutmuskaat
  • ¼ t (1 ml) kakaopoeier

Metode

SOET BROSKORSDEEG

  1. Meng die meel en versiersuiker in ʼn Vryf die botter met die vingerpunte by die meelmengsel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
  2. Voeg die eiergeel en koue water by en meng tot ʼn deeg begin vorm. Vorm ʼn deegbal en bedek met kleefplastiek. Verkoel vir minstens 30 minute.
  3. Voorverhit die oond tot 200 °C en rol die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak tot 5 mm dik uit.
  4. Smeer ʼn 23 cm-tertpan en voer die bodem en kante van die pan met die deeg uit. Verkoel die deeg vir ʼn verdere 20 minute. Plaas die tertpan op ʼn bakplaat en bak blind.

VULSEL

  1. Meng die melk, botter en lourierblare in ʼn kastrol en laat oor lae hitte prut. Klits die suiker en eiers saam tot lig en romerig.
  2. Voeg die meel en mielieblom by en klits tot glad.
  3. Verwyder die lourierblare en giet die warm melkmengsel oor die eiermengsel. Meng goed. Plaas die mengsel terug op die stoof en laat vir 2 tot 3 minute prut tot die mengsel begin verdik.
  4. Giet die vulsel in die gebakte deegdop en laat vir minstens 2 uur rus om te stol.
  5. Meng die kaneel, neutmuskaat en kakaopoeier en strooi dit bo-oor die tert voor opdiening.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene ·

175 gram koekmeel is verseker NIE 1/4 koppie nie. Moet dalk 1 en ‘n 1/4 koppie wees.

Tania Heyns ·

Dagsê Marlene

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.