Soorte resepte:

Resep: Meringue-rollade met sjokolade, karamel en haselneute

Meringue-rollade met sjokolade, karamel en haselneute (Foto: Gunsteling poedings)

Hemels! Beslis die moeite werd.

8-10 porsies

BESTANDDELE

Meringue

  • 1 t (15 ml) mielieblom
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel
  • 1 t (5 ml) asyn
  • 1 e (15 ml) kakaopoeier
  • 4 t (20 ml) water
  • 4 eierwitte
  • 1 k (210 g) strooisuiker

Vulsel

  • 1 k (250 ml) Clover-room, styf geklits
  • 100 g sjokoladesmeer
  • 100 g gekoopte karamelsous
  • 1 k (150 g) haselneute, gerooster en gekap

METODE

  1. Voorverhit die oond tot 150 grade Celcius en voer ’n 33 x 23 cm-bakplaat met bakpapier uit.
  2. Meng die mielieblom, vanieljegeursel en asyn in ’n klein bakkie. Meng die kakao en water in ’n aparte bak.
  3. Plaas die eierwitte in ’n deeglik skoon en droë bak en klits tot sagte punte vorm.
  4. Klits die suiker en van die mielieblommengsel geleidelik by en klits goed na elke byvoeging.
  5. Klits die meringue tot dit stywe punte vorm.
  6. Vou die kakoamengsel versigtig in.
  7. Skep die meringue op die voorbereide bakplaat en versprei eweredig.
  8. Bak vir 40 tot 45 minute tot bros buite, maar nog sag binne.
  9. Verwyder die meringue uit die oond en bedek losweg met foelie vir 15 minute.
  10. Keer op ’n groot vel waspapier uit en verwyder die bakpapier.
  11. Laat vir 15 tot 20 minute afkoel.
  12. Smeer die room in ’n eweredige laag oor die meringue, maar los ’n 2,5 cm-strook op die punte oop.
  13. Skep die sjokoladesmeer en karamelsous oor die room.
  14. Strooi die haselneute eweredig oor die room en rol die rollade versigtig op.
  15. Sny in skywe en sit voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nic Van Rijswijk ·

Ek dink julle moet net na die bestandele vir die meringue kyk. Is dit 1t mielieblom of 1e mielieblom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.