Soorte resepte:

Resep: Pannekoek met ʼn melktertvulsel

pannekoek-met-n-melktertvulsel

Pannekoek met ‘n melktertvulsel. Foto: Kos is oppie tafel se Facebookblad.

Basiese pannekoekresep se bestanddele:

  • 310 ml koekmeel
  • 3 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 60 ml suiker
  • 2 eiers
  • 300 ml melk
  • Kookolie
  • Kaneelsuiker

Metode:

  1. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg suiker by.
  2. Voeg die melk bietjie-vir-bietjie by die droë beslag, terwyl dit gemeng word.
  3. Voeg die eiers by.
  4. Meng goed en maak seker dat daar geen klonte is nie.
  5. Laat staan vir 30 minute.

Bestanddele vir die melktertvulsel:

  • 1 blikkie kondensmelk
  • 3 koppies melk
  • ¼ koppie mielieblom
  • 2 eiers
  • Knypie sout
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 eetlepels botter
  • Kaneelsuiker

Metode:

  1. Bak gewone pannekoeke.
  2. Voeg die kondensmelk en twee van die drie koppie smelk in ‘n kastrol
  3. Meng die res van die melk met mielieblom en voeg by die melk in kastrol sodra melk begin warm word.
  4. Wanneer die beslag begin dik raak voeg die eiers by.
  5. Hou aan roer.
  6. Voeg sout, vanilla en botter by.
  7. Roer goed en laat bietjie staan om verder te verdik.
  8. Skep lepelsvol van die melktertvulsel in die pannekoek en rol op.
  9. Strooi kaneelsuiker oor.

Bron:

Willie Strauss is die aanbieder van ASTV se gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel. Besoek die program se Facebookblad vir nog ‘n paar lekker resepte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

alet ·

Resepte uit bo-staande gehalte. Baie dankie om dit met ons te deel.

hannes ·

Baie dankie vir julle 2 dit was sowaar n treffer pannekoek melktert

Alta Marx ·

Dit lyk heerllik
Kan ek asb op julle e-pos lys gevoeg word om meer resepte te ontvang
Baie dankie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Alta

Dankie vir jou kommentaar! Ons stuur elke Vrydag ‘n lekkernuusbrief uit met al die interessantste stories wat die afgelope week op Maroela Media gepubliseer is, teken gerus hier in: http://maroelamedia.co.za/nuusbrief
Ons het (nog) nie ‘n nuusbrief wat slegs oor resepte handel nie.

Ons hoop jy kuier sommer nog lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Carel Nel ·

nog net n paar van die resepte gebruik maar almal was baie lekker, relatief maklik en nie snaakse onverkrygbare bestandle nie!

Helma ·

Pannekoekresep lyk heerlik. Maar wat gebeur met die 2 eiers by die melktertmengsel asb?

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Helma

Baie dankie vir jou navraag.
Nommer 4 onder die metode vir die melktertvulsel is nou bygevoeg.

Groete

Esté
nms Maroela Media

Marliza van der Merwe ·

My seun het hierdie resep uit die Kaap vir sy Karoo-ma gestuur! Kan nie wag vir daai koue Karoo middae, as die jagters uit die veld kom, nie. Dit gaan ‘n treffer wees!!

Henk Sinderdinck ·

Kan iemand vir my sê hoeveel ml is ‘n blikkie kondensmelk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.