Lewer 6 porsies
Bestanddele
GEPOSJEERDE PERE
- 4 k (1 l) water
- ½ k (100 g) suiker
- 1 kaneelstokkie
- 3 heel naeltjies
- 3 kardemompeule
- 4 pere, geskil, gehalveer en stele heel gelos
TERT
- 160 g donkersjokolade
- 3 e (45 ml) Clover-room
- ⅓ k (80 g) roomkaas
- 2 t (10 ml) strooisuiker
- 1 rol (400 g) blaardeeg, ontdooi
- 1 eier, liggies geklits en met ʼn bietjie Clover Mmmilk-volroommelk (vanieljegeur) gemeng om eierglaseersel te maak
- 3 e (45 ml) appelkooskonfyt, gesmelt
Metode
GEPOSJEERDE PERE
- Meng die water, suiker, kaneel, naeltjies en kardemompeule in ʼn kastrol en bring tot
- Voeg die pere by, maar maak seker die pere is met vloeistof bedek. Verlaag die hitte en posjeer stadig vir ongeveer 10 tot 15 minute of tot die pere sag is.
- Laat die pere heeltemal afkoel voordat dit in dun skyfies gesny word sonder dat dit vorm verloor.
TERT
- Voorverhit die oond tot 190 °C.
- Plaas die sjokolade en room in ʼn hittebestande bak oor ʼn kastrol met pruttende water. Maak seker dat die onderkant van die bak nie aan die water raak nie. Roer liggies tot die mengsel glad en gesmelt is. Laat vir 5 minute afkoel.
- Klits die roomkaas en suiker vir 2 tot 3 minute saam. Giet die sjokolademengsel in en roer
- Sny die blaardeeg in ʼn lang, 12 cm breë reghoek. Verf van die eierglaseersel oor die deegrande.
- Sny die oorskietdeeg in repe en plaas op die deegrande om ʼn effens verhewe randjie te maak. Verf al die rande weer met eierglaseersel.
- Smeer die sjokolademengsel oor die deegbasis en rangskik die peerskyfies in ʼn waaiervorm oor die sjokolade. Bak vir 20 tot 30 minute of tot die deeg goudbruin en uitgerys is.
- Verf van die konfyt oor die pere en sit warm of teen kamertemperatuur voor.
Bron: Gunsteling Poedings
Uitgewer: Lapa