Maak die tert vandag sodat dit die hele naweek kan hou!
Lewer 12 porsies
Bestanddele
- 200 g (1 pak) Tennisbeskuitjies
- 250 ml (1 k) room
- 360 g (1 blik) karamelkondensmelk
- 1 groot Peppermint Crisp-sjokolade
Metode:
- Pak ’n laag Tennisbeskuitjies op bodem van tertbak.
- Klits room styf en roer kondensmelk by.
- Rasper tweederdes van sjokolade by kondensmelkmengsel.
- Smeer dun lagie kondensmelkmengsel op koekielaag.
- Herhaal lae tot bestanddele op is. Eindig met laag kondensmelkmengsel.
- Rasper oorblywende sjokolade bo-oor. Plaas in yskas tot gestol.
Bron: Vinnig en maklik. Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa-uitgewers
Sommer net: Maak die tert al jare en al klop jy karamel kondensmelk tot dit sag is is dit ‘n gesukkel met die smeerdery. Kondensmelk tot oor jou ore. So, ek sit een laag beskuitjies, dan al die kondensmelk bo-op dan die room dan rasper ek die peperment crisp bo oor. Ek smeer dus eenkeer die kondensmelk en dis dit. Baie minder moeite vir my. Maar hey, as jy hou van karring en doen dan is bg seker reg!
Sal nie die hele naweek hou nie?
Ek meng my styfgeklopte room met die carameltriet pak n laag koekies,smeer room oor een weer n laag koekies.Dis lekerder vir my so.
My ouma het elke jaar vir my verjaarday n Peperminttert gemaak wat net myne was. Ek het haar resep geerf – inplaas van room gebruik Orley Whip(blou label) – super lekker en daar gaan my dieet want nou is ek lus vir dit en gaan vanaand n bak vol maak :) bietjie nostalgiese emosies :) :) :)