Soorte resepte:

[Resep] Rabarber-poeding

Martie se Rabarber-poeding (Foto: Verskaf)

Maroela Media-leser Martie Saaiman het hierdie resep by iemand op die dorp waar sy woon gekry.

“Die resep was so rofweg geskryf, maar ek het toe besluit om dit te probeer nadat ek ook eers opgelees het oor hoe om rabarber skoon te maak. Die blare moet nie gebruik word nie, maar net die stengels waarvan die velletjies ook eers afgetrek moet word,’ het sy gesê. “Dit het perfek uitgekom, en ek sal aanbeveel dat jy dit probeer as jy rabarber in die hande kan kry.”

Bestanddele:

  • 3 k rou rabarberstengels, skoongemaak en opgesny
  • 3 eiers
  • 3 k suiker
  • 3 k melk
  • 1 k koekmeel
  • 2 t bakpoeier
  • 50 g botter, gesmelt
  • ½ t sout
  • 1 t vanieljegeursel

Metode:

  1. Klits die eiers, suiker en melk saam tot romerig.
  2. Voeg die botter by en meng.
  3. Voeg die meel, sout en bakpoeier by en klits goed.
  4. Voeg laastens die opgesnyde rabarber by en meng liggies.
  5. Gooi mengsel in 2 glasbakke en bak teen 180 °C vir ongeveer 1 uur.
  6. Bedien saam met room of vla.

Stuur vir ons jóú familieresep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miekie ·

oe, nou verlang ek erg na my kinderdae. Waar kry mens deesdae rababer ? my mond water nou

Louis ·

Hi Miekie, ons het dit by die kwekery gekoop en geplant, groei lekker welig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.