Soorte resepte:

Resep: Ryspoeding

Ryspoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié vrugtegeurige ryspoeding is ʼn wenner!

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 4 eierwitte
  • 250 ml suiker
  • 500 ml gekookte rys
  • 1 x 385 g blikkie kondensmelk
  • 80 ml suurlemoensap
  • 1 x 440 g blikkie fyn pynappel
  • 250 ml water
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 5 ml gelatien

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn oondvaste bak of tertpan met kossproei.
  2. Klits die eierwitte en suiker saam tot sagtepunt­stadium.
  3. Vou die eierwitte by die rys in en druk die mengsel eweredig in die voorbereide bak of tertpan vas.
  4. Bak vir 10-15 minute tot dit gestol het. Verwyder uit die oond en laat dit afkoel.
  5. Meng die kondensmelk, suurlemoensap, fyn pynappel en water goed saam.
  6. Meng die vanieljegeursel en gelatien saam en roer deur die kondensmelkmengsel.
  7. Skep die mengsel bo-op die rysmengsel en plaas vir 2-3 uur in die yskas om te stol.
  8. Versier die ryspoeding met vars vrugte van jou keuse en bedien.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.