Soorte resepte:

Resep: Sjokolade-en-esdoringstroop-mousse

Sjokolade-en-esdoringstroop-mousse (Foto: Gunsteling poedings, Lapa)

Keer op keer, ’n wenner-poeding!

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 200 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
  • 2 e (30 g) Clover Springbok- botter
  • 3 e (45 ml) esdoringstroop
  • 1 e (15 ml) Frangelico-likeur (opsioneel)
  • ¼ t (1 ml) fyn kaneel
  • 3 eiers, geskei
  • 1 k (250 ml) Clover-room, styf geklits

Metode:

  1. Plaas die sjokolade, botter, stroop, Frangelico-likeur en kaneel in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol met pruttende water. Maak seker dat die onderkant van die bak nie aan die water raak nie.
  2. Roer liggies tot die mengsel glad en gesmelt is.
  3. Laat vir 5 minute afkoel.
  4. Voeg die eiergele een vir een by die sjokolademengsel en klits goed ná elke byvoeging.
  5. Vou die room liggies met ’n metaallepel by die sjokolademengsel in.
  6. Gooi die eierwitte in ’n skoon en droë bak.
  7. Gebruik ’n elektriese menger en klits tot sagte punte vorm.
  8. Gebruik ’n skoon metaallepel en vou die eierwitte liggies by die sjokolademengsel in.
  9. Skep die mengsel in ses 175 ml-dienbakkies.
  10. Verkoel vir drie tot vier uur tot gestol.
  11. Bedien met geklitse room en sjokoladekrulle.

Bron: Gunsteling poedings

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wilma ·

Sjoe, maar dit lyk baie lekker. Ek is egter skrikkerig vir die rou eiers daarin!

A ·

Ek dink nie ek gaan ooit weer in my lewe mousse kan eet nie. Dis dan rou eiers. Ek het nie geweet ek eet rou eiers nie. Snik!

Jacoba ·

Die mengsel is warm dit maak die eiers gaar. Ha ha geniet dit dit is lekker

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.