Soorte resepte:

[Resep] Sjokolade-truffeltert

Sjokolade-truffeltert (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie is ʼn móét vir die sjokoladeliefhebbers!

Lewer 10-12 porsies

Bestanddele:

Kors

  • ½ k (60 g) Clover Butro-bottersmeer
  • 50 g donker sjokolade
  • 1 k (120 g) semelbeskuitjies, fyn gedruk

Vulsel

  • ½ k (60 g) Clover Mooi River-botter
  • 200 g donker sjokolade
  • 1 e (15 ml) kakaopoeier
  • ½ t (2 ml) fyn gemmer
  • 2 e (30 ml) Amaretto-likeur of espresso-koffie
  • 200 g mascarpone
  • 3 e (45 ml) Clover-room, styf geklits
  • 2 eiers
  • 1/3 k (55 g) sagte bruinsuiker
  • 100 g wit sjokolade

Metode:

Kors

    1. Smelt die botter en sjokolade saam oor lae hitte,
    2. Voeg die beskuitjiekrummels by en roer deur.
    3. Druk die kors op die bodem en kante van ʼn 20 cm-losboomkoekpan vas.
    4. Verkoel tot benodig.

Vulsel

    1. Plaas die botter, sjokolade, kakao, gemmer en Amaretto-likeur of koffie in ʼn hittebestande bak oor ʼn kastrol met pruttende water.
    2. Maak seker dat die onderkant van die bak nie aan die water raak nie.
    3. Roer liggies tot die mengsel glad en gesmelt is.
    4. Laat vir 5 minute afkoel.
    5. Klits die mascarpone in ʼn bak tot sag en vou die room daarby in.
    6. Vou die roommengsel by die sjokolademengsel in.
    7. Plaas die eiers en suiker in ʼn bak oor ʼn kastrol met liggies pruttende water.
    8. Meng vir 4 tot 5 minute met ʼn elektriese menger of tot die mengsel verdik het en romerig
    9. Vou die eiermengsel by die sjokolademengsel in en giet oor die beskuitjiekors. Verkoel vir ten minste 4 tot 5 uur maar verkieslik oornag.
    10. Rasper die wit sjokolade oor die tert en sit voor met vars bessies.
  • Bron: Gunsteling Poedings
  • UitgewerLapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

E.K. ·

11. moet seker lees : Rasper die wit sjokolade oor die tert en sit VOOR met vars bessies. Ooo, Maroela… ek loer vir julle!

Dalene de Vente ·

Dagsê E.K

Dankie vir jou valkoog. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Tasha ·

O liewe land die verleiding! Julle het altyd die lekkerste tert- en koekresepte. Dankie!

Saartjie ·

Hmm, dit lyk lekker verby! Ek gaan die kors met glutenvrye beskuitjies maak …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.