Nooi ʼn paar gaste oor en maak dié lekker smelt-in-die-mond koffiekoek!
Lewer 1 ringkoek
Bestanddele
KOEK
- 125g (¼ blok) sagte botter
- 187 ml (¾ k) strooisuiker
- 3 ekstragroot eiers
- 250 ml (½ k) suurroom
- 125 ml (1 k) sterk aangemaakte koffie
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 560 ml (2¼ k) koekmeel
- 60 ml (4 e) mielieblom
- 15 ml (1 e) bakpoeier
- 2,5 ml (½ t) koeksoda
- knippie sout
- knippie fyn kaneel
- 50 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap
- 60 ml (4 e) sjokoladesplinters (chocolate drops)
VERSIERSEL
- 100 g (1 pak) donkersjokolade
- 30 ml (2 e) ongegeurde jogurt, by kamertemperatuur
Metode
- Stel oond op 180 °C.
KOEK
- Verroom botter en suiker tot liggeel. Klits eiers by.
- Meng room, koffie en vanieljegeursel.
- Sif meel, mielieblom, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel.
- Meng roommengsel en meelmengsel beurtelings by bottermengsel.
- Roer neute en sjokoladesplinters by tot goed gemeng.
- Skep beslag in diep ringkoekpan met 26 cm-deursnee. Bak vir 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat koek effens in pan afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
VERSIERSEL
- Smelt sjokolade by 70%-krag in mikrogolfoond of in dubbelkoker.
- Roer jogurt by sjokolade en skep oor koek.
- Rond af soos verkies.
Bron: Vinnig en maklik. Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa-uitgewers
Dankie vir die resepte, dit word baie waardeer. Is daar ‘n manier om dit te print?
Voorheen kon ek dit merk en print in pdf, maar nou kan mense dit nie meer merk nie. Ek het nie tyd om alles neer te skryf nie en die foto kan ook dan nie bygesit word nie.
Kan julle ‘n plan maak, Dankie en groete