Een van daardie maak-jou-oë-toe-en-smul-drankies wat jou die laaste hupstoot gee om deur die dag te kom.
Bestanddele:
1 opgehoopte eetlepel vanieljeroomys
3 blokkies ys
2 skeute espresso (slegs 2 sekondes onttrek)
Metode:
Gooi alle bestanddele in ’n lang glas bymekaar.
Maak die glas vol met koue volroommelk. (Glad nie langlewemelk nie!)
Versier met lekker baie room en strooi sjokoladepoeier oor.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
mmmmmmmmmmmmmmm ….. lekker ryk en rooooooomerig!