Soorte resepte:

Resep: Tropiese roomys met sitrusstroop

Tropiese roomys met sitrusstroop (Foto: Lapa-uitgewers)

Tuisgemaakte roomys is darem net lekkerder!
4-6 porsies

Bestanddele

  • ½ k (105 g) strooisuiker
  • 3 eiergele
  • 1 k (250 ml) Clover Mmmilk- vanieljegeur volroommelk
  • 1 ½ k (375 ml) Clover-room, styf geklits
  • fyngerasperde skil van 3 lemoene
  • ½ k (125 ml) Clover Krush Tropical Punch-sap

SITRUSSTROOP

  • ¼ k (50 g) suiker
  • 1 e (15 ml) mielieblom
  • ¾ k (180 ml) Clover Tropical Punch-sap
  • 2 e (30 ml) Clover Springbok Botter
  • 1 e (15 ml) fyngerasperde lemoenskil

Metode

  1. Meng die suiker en eiergele in ʼn mengbak en klits tot dik en romerig.
  2. Verhit die melk stadig tot kookpunt en giet oor die eiermengsel. Roer die mengsel goed deur en giet terug in die kastrol.
  3. Roer aanhoudend oor lae hitte vir 3 tot 4 minute voordat dit heeltemal afgekoel word.
  4. Vou die room, lemoenskil en vrugtesap by die afgekoelde vla-mengsel in. Skep die mengsel in ʼn roomysmasjien en maak volgens die instruksies. Skep die mengsel andersins in ʼn vriesbak en bedek.
  5. Vries vir 30 minute en maak dan met ʼn vurk fyn sodat die yskristalle opbreek. Herhaal die stap nog twee keer en laat die mengsel dan ten volle vries.

SITRUSSTROOP

  1. Meng die suiker en mielieblom in ʼn kastrolletjie. Roer die sap deur en kook vir 3 tot 4 minute oor matige hitte tot die stroop begin verdik. Verwyder van die hitte en roer die botter en lemoenskil goed deur.
  2. Skep die roomys in dienbakkies, strooi fyngekapte pistasieneute oor en sit met die sitrusstroop en vars mangoskyfies voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Fourie ·

Net te veel bestanddele, as ou klaar is, is jou roomys lus weg ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.