Hierdie balletjies is nie net heerlik nie, maar ook doodmaklik! Betrek jou kinders en maak dié balletjies saam met hulle, of gee hulle vrye teuels om dit sélf te maak!
Bestanddele:
- 1 pak Tennisbeskuitjies
- 1 blik kondensmelk
- 1 koppie klapper
- ekstra klapper
- sjokoladekrummels
- kakao
- Milo
Metode:
- Maak Tennisbeskuitjies fyn en gooi in ʼn groot mengbak.
- Gooi kondensmelk by en meng.
- Gooi klapper by en roer tot gemeng.
- Rol balletjies met die mengsel in jou hande. Indien die mengsel te loperig is om ʼn balletjie te vorm, gooi nog klapper by.
- Rol nou die balletjie in klapper en sit in die yskas.
- Laat dit afkoel vir ongeveer 10 minute en geniet.
Variasie:
- Gooi sjokoladekrummels in die mengsel en rol dan in kakao.
- Gooi Milo in die mengsel en rol dan weer in Milo.
Resep: Janie Monsieur
“vrye teëls”??
Dagsê Wilma
Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media
As mens die video kyk gooi hulle twee koppies klapper in die koekie/kondensmelkmengsel. Die resep sê net een koppie klapper. Nou hoeveel klapper moet nou regtig in die resep wees?
Dagsê Kotie!
Dankie vir jou boodskap. In die video gebruik ons twee halwe koppies (125 ml). Ek hoop dit klaar die verwarring op.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media