Soorte resepte:

Resep-video: Energiestafie

Energiestafie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié tuisgemaakte soet-sout energiestafie is perfek vir ʼn kosblik óf ʼn peuselhappie as jy te besig raak by die werk.

Bestanddele:

  • 1 koppie Rice Krispies
  • ½ koppie amandelskywe
  • 1 koppie gemengde neute
  • ½ koppie sonneblomsade
  • ½ koppie gedroogte bosbessies
  • 1 teelepel sout
  • ⅓ koppie heuning
  • 200 g donker sjokolade, gesmelt

Metode:

  1. Meng al die bestanddele, behalwe die sjokolade, saam en roer goed.
  2. Skep in uitgevoerde oondbak en druk plat.
  3. Bak vir 30 minute teen 160 °C.
  4. Laat afkoel vir 1 uur.
  5. Smeer gesmelte sjokolade oor die gebakte mengsel.
  6. Laat dit afkoel vir 15 minute.
  7. Haal die hele soliede blok uit die oondbak en sny in stafies.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.