Soorte resepte:

Resep-video: Goue skatkisskerwe

Goue skatkisskerwe (Foto: Maroela media/ Janie Monsieur)

Twee bestanddele, maar ʼn vierster-nagereg!

Bestanddele

  • 6 Crunchie-sjokolades
  • 2 k donkerbaksjokolade

Metode

  1. Breek Crunchie-sjokolades in kleiner stukkies en druk dit stukkend met die agterkant van ’n houtlepel. Hou eenkant.
  2. Smelt die baksjokolade tot glad en loperig.
  3. Gooi die gesmelte sjokolade in ʼn uitgevoerde bakplaat of skinkbord. Versprei eweredig met ’n lepel. Sprinkel die Crunchie-sjokoladestukkies daaroor.
  4. Koel af vir 1 uur in die yskas, breek in stukke en bedien. (Jy kan ook die hele blok om die tafel stuur sodat die gaste self vir hulle ’n stuk kan afbreek)

Wenk

Stooi ’n bietjie seesout oor voor jy die blok in die yskas sit, dit gee ’n heerlike soet-sout smaak.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Sprinkel ook sommer springmielies saam met die Chrunchie stukkies daaroor.

Callie van der Merwe ·

Eet net die Crunchie soos jy hom koop. Selfde ding en jy spaar al die moeite en energie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.