Soorte resepte:

Resep-video: Grondboontjie-bomme

Grondboontjie-bomme (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie “bomme” is ʼn gunsteling in die Maroela Media-kantoor. Kry die kinders om te help met dié maklike resep, daarna kan oud óf jonk daaraan smul.

Lewer ongeveer 30 balle.

Bestanddele

  • 2 k grondboontjiebotter
  • ½ k sagte margarien
  • 3 k versiersuiker
  • 2 k Rice Krispies
  • 10 ml vanieljegeursel
  • gesmelte sjokolade vir versiering

Metode

Grondboontjie-bomme (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

  1. Meng grondboontjiebotter en margarien saam tot glad.
  2. Gooi vanielje by en roer.
  3. Gooi versiersuiker ʼn halwe koppie op ʼn slag by en roer tussendeur.
  4. Voeg Rice Krispies by en meng weer.
  5. Vorm balletjies in jou hande en plaas dit op ʼn plaat of groot bord.
  6. Laat dit afkoel in die yskas vir 30 minute.
  7. Drup gesmelte sjokolade bo-oor.
  8. Bêre in yskas.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.