Soorte resepte:

Resep-video: Nutella-rolletjies

Nutella-rolletjies

Heerlike smelt-in-die-mond sjokoladerolletjies! Blitsvinnig en smullekker!

Bestanddele

  • 1 sny brood
  • 1 groot e Nutella
  • 2 eiers geklits
  • bietjie olie

Metode

  1. Rol die sny brood effens platter.
  2. Smeer Nutella lekker dik op die brood, maar nie tot op die rand nie.
  3. Rol die brood op en rol dit dan in die geklitste eier. Gee dit kans om bietjie van die eier te absorbeer.
  4. Braai in ʼn pan met ʼn bietjie olie oor matige tot warm hitte vir ongeveer 5 minute of tot goudbruin.
  5. Geniet dadelik.

Wenk

Sprinkel ʼn klein bietjie kaneel oor voor jy die brood oprol vir ekstra smaak.

 

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Luister ·

Gou-gou gemaak, Heerlik!
2 eiers is genoeg vir 6 rolletjies.
Ek is seker ander vulsels,soos bv. Tuna met bietjie Mayonnaise, sal ook ‘n wenner wees.
Dankie.

Jaycee ·

Stem saam. Probeer ook grondboontjiebotter met suikerstroop gemeng.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.