Soorte resepte:

Resep-video: Paasfees-nessies

Paasfeesnessies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Paasfees is om die draai en dié lekkernye sal die perfekte nagereg én versiering vir jou Paastafel wees!

Bestanddele:

  • 2 koppies wit/bruinsuiker
  • 1 koppie botter
  • ½ koppie melk
  • ½ koppie kakao
  • 2 koppies hawermout
  • 2 koppies klapper
  • 2 t vanielje
  • sjokolade-eiertjies van jou keuse

Paasfeesnessies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Metode:

  1. Meng suiker, botter, melk en kakao in ’n groot pot oor lae hitte, tot botter en suiker gesmelt is.
  2. Verhoog die plaat se hitte totdat dit kookpunt bereik en dit behoorlik borrel. Kook vir ongeveer 5 minute, en roer tussen in indien nodig.
  3. Haal die pot van die hitte af en voeg die vanielje by en roer. Gooi nou die hawermout en klapper by en meng goed.
  4. Skep eetlepels vol van die mengsel op ’n plaat of skinkbord. Gebruik jou vingers om die balletjies in nessies te verander deur ’n holte in die middel te maak en die kante effens te lig.
  5. Laat die nessies afkoel in die yskas vir 1 uur.
  6. Gooi sjokolade-eiertjies of ander lekkers van jou keuse in die nessies.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronel ·

Ons noem die koekies mishopies, want Well it speak for itself. Sonder die eiertjies lyk dit soos mishopies is dit nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.