Twee van Suid-Afrika se gunstelinglekkernye, pannekoek en melktert, kom byeen! Beproef dié koek om die ou bekendes ’n nuwe twist te gee.
Lewer ongeveer 20 pannekoeke en 1 groot koek
Bestanddele
PANNEKOEK
- 3 eiers
- 4 k melk
- 60 ml olie
- 1 e vanieljegeursel
- 3 k bruismeel
- knippie sout
VULSEL EN VERSIERING
- 1 x 500 g-houertjie room
- 1 blikkie kondensmelk
- kaneel
- 2 Flake-sjokoladestafies
Metode
- Klits eiers, melk, olie en geursel saam.
- Roer meel en sout by die melkmengsel.
- Skep lepelsvol in ’n warm pan om pannekoek te maak.
- Maak pannekoeke met die hele hoeveelheid beslag en laat afkoel.
- Klop die room styf.
- Plaas een pannekoek op ’n bord en smeer die room daaroor.
- Drup kondensmelk eweredig oor die pannekoek en strooi kaneel oor.
- Sit ’n pannekoek bo-op en herhaal die proses tot al die pannekoeke gebruik is.
- Smeer room oor die bokant van die koek en krummel twee Flake-sjokoladestafies bo-oor.
Wenke
- Laat die pannekoeke behoorlik afkoel voor jy die koek saamstel. Indien nie, smelt die room op die pannekoek.
- ’n Peppermint-crisp- of vlavulsel kan net so lekker wees soos dié vulsel.
- Bêre die koek in die yskas wanneer jy klaar is sodat die room kan koel bly.
Resep: Janie Monsieur
Dink dit sal beter werk sonder die room en kondensmelk as mens net n dink melktertvulling of vla vulling maak en dit tussen in smeer en kaneel en bietjie klapper op elke laag gooi, amper soos n jodetert.