Soorte resepte:

Resep-video: Pannekoek-koek

Twee van Suid-Afrika se gunstelinglekkernye, pannekoek en melktert, kom byeen! Beproef dié koek om die ou bekendes ’n nuwe twist te gee.

Lewer ongeveer 20 pannekoeke en 1 groot koek

Bestanddele

PANNEKOEK

  • 3 eiers
  • 4 k melk
  • 60 ml olie
  • 1 e vanieljegeursel
  • 3 k bruismeel
  • knippie sout

VULSEL EN VERSIERING

  • 1 x 500 g-houertjie room
  • 1 blikkie kondensmelk
  • kaneel
  • 2 Flake-sjokoladestafies

Metode

  1. Klits eiers, melk, olie en geursel saam.
  2. Roer meel en sout by die melkmengsel.
  3. Skep lepelsvol in ’n warm pan om pannekoek te maak.
  4. Maak pannekoeke met die hele hoeveelheid beslag en laat afkoel.
  5. Klop die room styf.
  6. Plaas een pannekoek op ’n bord en smeer die room daaroor.
  7. Drup kondensmelk eweredig oor die pannekoek en strooi kaneel oor.
  8. Sit ’n pannekoek bo-op en herhaal die proses tot al die pannekoeke gebruik is.
  9. Smeer room oor die bokant van die koek en krummel twee Flake-sjokoladestafies bo-oor.

Wenke

  1. Laat die pannekoeke behoorlik afkoel voor jy die koek saamstel. Indien nie, smelt die room op die pannekoek.
  2. ’n Peppermint-crisp- of vlavulsel kan net so lekker wees soos dié vulsel.
  3. Bêre die koek in die yskas wanneer jy klaar is sodat die room kan koel bly.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Dink dit sal beter werk sonder die room en kondensmelk as mens net n dink melktertvulling of vla vulling maak en dit tussen in smeer en kaneel en bietjie klapper op elke laag gooi, amper soos n jodetert.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.