Dít is wat gebeur as jy ʼn piesangbrood met koffie en sjokolade opkikker!
Maak 1 broodjie
Bestanddele
- 4 ryp piesangs, fyngedruk
- ½ k margarien, sag
- 2 t vanielje
- 2 eiers
- 2 t gewone ongegeurde jogurt
- ½ koppie bruinsuiker
- 1 groot eetlepel koffie
- 2 k meel
- knippie sout
- 1 koppie sjokoladekrummels
Metode
- Meng die piesangs, margarien, vanielje, eiers en jogurt saam in ʼn bak.
- Gooi die suiker en koffie by en roer.
- Sif die meel oor die piesangmengsel en gooi sout oor. Meng in, maar moenie oormeng nie.
- Voeg die sjokoladekrummels by en meng alles goed saam.
- Gooi die beslag in ʼn broodpannetjie en bak vir 50-60 minute tot goudbruin.
Resep: Janie Monsieur
Lyk al te lekker… wonder of mens some gewone sjokolade kan gebruik en dit net op kap….
Dis gewone of Griekse joghurt nie plein joghurt nie. Dis afgelei van “plain”. ‘n Plein is ‘n oop stuk ruimte soos bv. kerkplein.
Dagsê Helena
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media