Soorte resepte:

Tannie Nella se vinnige melktert

Bestanddele:

1 liter melk
250g botter of margarien
¾ koppie maizena, aangemaak met ʼn klein bietjie water
¾ koppie suiker
2 eiers
Knippie sout
1 teelepel vanieljegeursel

Metode:

  1. Sit die melk en botter of margarien in ʼn pot en verhit tot die margarien gesmelt is en alles kook.
  2. Gooi die res van die bestanddele by en kook stadig vir 10 minute. Roer deurgaans, anders brand dit aan en maak klonte.
  3. Gooi in ʼn gesmeerde tertbak, met of sonder ʼn kors van eie keuse.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Nageregte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Annemarie Pretorius ·

Vrek, maar dit is lekker!!!!!
Duisend dankies!!!!!!!

Felicia ·

Dit lyk heerlik,word dit in yskas gesit of in die oond, en hoe lank, asseblief. Baie dankie Felicia

Janeen ·

Best EVER short-Crust pastry. I’ve been making it for over 30 years and it still can’t be beat! Enjoy!
Short-Crust Pastry: Makes 2 tarts. Total Calorie Count: 1,000
Ingredients:
90 ml (84g) butter or use a hard margarine (May also economise by using ½ & ½)
30ml castor sugar (20g)…Save costs & grind in blender
180 ml (102g) Cake Flour or Reduce gluten with 60ml (20g)Corn flour & 120ml(68g)Cake flour
Pinch salt or to taste

Sift together flour, castor sugar & salt. Rub in butter till it forms crumbs. Knead dough to form a ball. Press pastry (use a pastry press dipped into flour) into a 23cm diameter foil tart or baking dish. Bake at 180 degrees Celsius for 8 minutes if you want a soft pastry & 10 – 12 minutes for a crispier shortbread one. Remove from oven.

By the way Thank You for posting such a wonderful recipe! I am definately posting this one to my collection ..And might i Add, I only post what is good enough to be served to the Queen! ;)

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.