Soorte resepte:

Resep: Tiramisu-terrien

Tiramisu-terrien (Foto: Lapa uitgewers)

Dít sal jou Maandag ʼn bietjie beter maak!

Lewer 8-10 porsies

Bestanddele

  • 250 g mascarponekaas
  • ¼ k (55 g) strooisuiker
  • 100 g witsjokolade, gesmelt
  • 1 k (250 ml) Clover-room, styf geklits
  • 1 k (250 ml) vars, sterk koffie
  • ¼ k (125 ml) marsala of soet sjerrie
  • 18 Boudoir-sponsvingers
  • 100 g Amaretti-beskuitjies (opsioneel, of gebruik ekstra sponsvingers)

Metode

  1. Voer ʼn broodpannetjie met kleefplastiek uit en laat die rande van die kleefplastiek oor die bokant van die pan hang om die onderkant van die terrien te bedek.
  2. Meng die mascarponekaas en suiker in ʼn bak en klits tot glad. Voeg die sjokolade by en klits weer. Vou die room in en hou eenkant.
  3. Meng die koffie en marsala in ʼn aparte bak. Neem een sponsvinger op ʼn slag, doop dit in die koffiemengsel en pak dit in ʼn enkellaag op die bodem van die voorbereide broodpannetjie.
  4. Skep die helfte van die roommengsel oor die laag sponsvingers. Doop die Amaretti­beskuitjies of die ekstra sponsvingers in die koffiemengsel en pak ʼn tweede enkellaag. Skep die oorblywende roommengsel oor die laag beskuitjies en rond met ʼn finale laag gedoopte beskuitjies af. Bedek die terrien met die oorhangende kleefplastiek en verkoel vir 2 tot 3 uur of verkieslik oornag.
  5. Verwyder uit die yskas en keer op ʼn dienbord uit. Haal die kleefplastiek af en strooi gerasperde sjokolade oor of sif kakaopoeier oor. Sny in skywe en sit voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.