Soorte resepte:

[Video] Hap saam met Lochner: Aarbei-en avokadogereg

Lochner de Kock (skermskoot uit die video)

Dit is nie aldag dat jy ʼn gereg as voorgereg óf nagereg kan gebruik nie. Hierdie een wys jou hoe!

Bestanddele:

  • 250 g aarbeie
  • 100 ml witwyn
  • 2 teelepels heuning
  • 50 ml room
  • swartpeper
  • 1 avokado

Metode:

  1. Verwyder aarbeie se steeltjies en druk die aarbeie met ʼn vurk fyner.
  2. Gooi witwyn, heuning, room en swartpeper oor die gedrukte aarbeie.
  3. Skil avokado en sny halwe avokadopeer in waaier-vorm. Gooi swartpeper bo-oor.
  4. Gooi arbeimengsel bo-oor avokado.
  5. Sit voor en geniet as voorgereg óf nagereg.

Sien gerus in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Sien al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. -Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cecile Raubenheimer ·

Dis sou gaaf wees as Maroela Media ons toelaat om die resepte te druk – dis bitter ongemaklik as mens n resep wil probeer en jy moet elke nou en dan na die rekenaar hardloop om te volg.
Hoe lyk dit? Is dit n moontlikheid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.