Soorte resepte:

Wortelkoek

Argieffoto (foto: Pixabay)

Welna Bezuidenhoudt

Wat hierdie wortelkoek van my ouma anders maak, is die piesang wat bygevoeg word. Dit maak die koek heerlik klam.

Bestanddele:

1 koppie bruinsuiker
1 koppie olie
3 eiers
375 ml koekmeel of bruismeel (los in laagenoemde geval die bakpoeier uit)
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
4 wortels, fyn gerasper
1 koppie fyn piesang
½ koppie okkerneute of klapper
Knippie sout

Bestanddele – versiersel:

100 ml maaskaas
100 g margarien
375 ml versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
2 teelepels suurlemoensap

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 grade Celcius. Smeer 2 ronde oondpannetjies.
  2. Meng die suiker, olie en eiers.
  3. Sif die meel, bakpoeier, kaneel, koeksoda en sout saam. Meng by die eiermengsel.
  4. Voeg die piesang, wortels en okkerneute by.
  5. Skep die beslag in panne.
  6. Bak vir 25 minute. Laat effens afkoel. Keer uit op draadrakkies en laat heeltemal afkoel.

Metode- versiersel:

  1. Room die margarien en versiersuiker saam.
  2. Voeg die kaas, vanielje en suurlemoensap by.
  3. Versier die koek daarmee, en gebruik ekstra okkerneute bo-op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nanny Trollip ·

Die koek is uit die boonste gestoeltes. Baie lekker, dis al wat my mense nou wil he.
Dankie
Nanny

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.