Soorte resepte:

Nuwe kookprogram vir boerekos-liefhebbers

Boerekos met ’n Twist, een van VIA se splinternuwe reekse, is Dinsdag by die De Harte Venue in Onderstepoort in Pretoria bekendgestel.

Die bekende voedselkonsultant en dosent Annelien Pienaar is die aanbieder van dié nuwe program, en ook die skrywer van Boerekos met ’n Twist, ’n topverkoper-resepteboek. Tydens die reeks ontvang sy verskeie bekendes soos Joe Foster, Carla Mackenzie, Arno Jordaan, Henry van Dyk, Gretha Pers, Jo Prins en Willem Botha en wys hulle dan hoe om lekker kos met ʼn twist te maak.

In die eerste episode pak Pienaar en Carla MacKenzie ’n glutenvrye pizzabasis aan.

“Met Pienaar se kundigheid, ’n paar twists en die bekende gaste op die program, sal jy gou agterkom hierdie is nie net ’n gewone kookprogram nie,” lui ’n verklaring.

Boerekos met ʼn Twist saai vanaf 9 April uit op Maandae om 18:00, slegs op VIA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.