Whiskyliefhebbers hoef nou nie meer ver van hul gunstelingdrankie te gaan wanneer hulle ʼn ontspanne wegbreekkans wil geniet nie – inteendeel, hulle hoef slegs enkele treë te stap, want Three Ships Whisky bied nou ʼn geleentheid vir mense om sommer by die brouery te oornag.
Dit is volgens Three Ships die eerste keer dat so ʼn soort ervaring in Afrika moontlik is, en dít boonop by die enigste kommersiële whiskybrouery in Afrika, die James Sedgwick Distillery in Wellington in die Wes-Kaap.
Volgens die whiskyvervaardigers is dit die eenvoudigste manier om jou te verdiep in die kuns van whisky maak.
“Hierdie uitsonderlike ondervinding sluit in twee nagte verblyf in luukse tentakkommodasie langs die brouery se dam, slegs treë weg van die brouerygebou,” lui ’n verklaring.
Gaste kan whiskygegeurde produkte, luukse aandetes, namiddagtee, whiskyskemerkelkies en whiskyproe-ervarings verwag.
“Gedurende die verblyftydperk sal whiskyliefhebbers alles van die brouery leer ken – van die verouderingskelder tot die distillering van die bekroonde tien jaar oue Three Ships Single Malt-whisky.
“Gaste begin die ervaring met ʼn Suid-Afrikaanse fynproewersbraai. Hulle sal verder ʼn privaat begeleide toer van die brouery kry en ʼn whisky-en-kos-paring geniet. Whiskyskemerkelkies sal voorgesit word net voor ʼn uitsonderlike aandete, wat met whisky gepaar word.”
Alle winste deur dié projek sal aan Volunteer Wildfire Services geskenk word.
Vir meer inligting oor dié ervaring, klik hier.
En ek dag nog altyd whiskey word gestook en bier gebrou….
Hul se whiskey word gepaar op verskillende maniere ? ongelukkig drink ek net Johnny Walker Black
Puik produk… Bains is wêreldklas kwaliteit..klink na n fantastiese naweek!
En ja, dis nie n brouery nie maar n distillasie proses/aanleg?
Eish ek is dom. In die berig praat hulle van Three Ships maar die fotos is BAINS? Waar het my tor afgeval?Stephan praat ook van BAINS.Lyk my net ek verstaan nie.