Soorte resepte:

Oorspronklike Rice Krispies terug ná verbruikers kla

Die oorspronklike Rice Krispies (Foto: Maroela Media)

Nadat verbruikers gekla het oor die vreemde smaak van die nuwe Rice Krispies, het Kellogg’s aangekondig dat hy die oorspronklike weergawe van dié bekende ontbytkos terugbring.

In 2018 het Kellogg’s die oorspronklike Rice Krispies met ʼn vanielje geur vervang, maar verbruikers was glad nie gelukkig met dié besluit nie.

“Bring die oorspronklike Rice Krispies terug asseblief! Hierdie vanielje-goed is só aaklig,” het een verbruiker op Kellogg’s se Facebook-blad gekla.

“Dit is die aakligste goed ooit. Rice Krispies was altyd stapelkos in my huis, maar nou sal ek dit nie eens in my huis inbring nie. Hoekom gee julle nie om oor jul handelsmerk en Suid-Afrikaners nie,” het ʼn ander geskryf.

Maar Kellogg’s het wél geluister na verbruikers en het onlangs die oorspronklike Rice Krispies terug op die mark geplaas.

Zandile Mposelwa, woordvoerder van Kellogg’s Suid-Afrika, het aan Maroela Media gesê dat hulle besef het dat mense die oorspronklike Rice Krispies mis, en dat hulle daarom dit teruggebring het.

“Ons het geluister na ons verbruikers en ons verstaan dat baie van hulle die oorspronklike Rice Krispies meer geniet het, so ons het besluit om dit weer aan die mark bekend te stel, terwyl ons steeds die vanielje Rice Krispies ook verskaf. Só maak ons seker dat al die verskillende verbruikers gelukkig is,” sê Mposelwa.

Hoewel verbruikers baie bly is oor die nuus en hul dankbaarheid daaroor op sosiale media uitspreek, sal die oorspronklike Rice Krispies jou nou veel meer uit die sak jaag as voorheen.

Mposelwa sê die oorspronklike Rice Krispies moet nou van Brittanje ingevoer word, wat die prys van die produk gaan opjaag.

Vanielje Rice Krispies kos sowat R40 vir ʼn boks van 400 g en R63 vir ʼn boks van 600 g, terwyl die oorspronklike Rice Krispies R70 vir ʼn boks van 510 g kos.

Verbruikers was ook omgekrap omdat Kellogg’s-produkte soos Coco Pops en Strawberry Pops se formule verander het.

Mposelwa sê hulle is verheug oor die goeie terugvoer wat hulle tot dusver op die herbekendstelling van dié produk ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Sylvia ·

Dis wonderlike nuus, wanneer is dit weer op die rakke, hoop dis regtig die goeie ou Rice Crispies

Da_eYe ·

Jissie, maar hulle is slim en SKELM. Dis een van die oudste handels strategiee. Haal ‘n produk van die rak af en bring dit DUURDER terug… lmga

H ·

Ja bring die oorspronklike Rice Krispies terug, maak dit amper 2 x duurder teenoor toe dit nog beskikbaar was. Dan dink julle julle klient is gelukkig, het mos die ou produk terug, klient moet dan ophou kla. Dit is dan so duur niemand koop dit nie. Later hoor ons, hoekom het julle gekla, die produk verkoop nie. Kellogg’s moenie dink ons verbruikers is stupid nie.

Tanja Koekemoer ·

Nou kan ons ook weer ń bietjie Rice Krispies koop, want alles wat ingevoer word van die UK of VSA het nie die halaal merk op nie.

Maljan ·

Kellogg’s stel hulle Mark keuse baie duidelik met hulle advertensies. Vir jare kom die produk nie in my trollie of huis nie. Hoekom moet die oorspronklikroduk nou van Brittanje ingevoer word terwyl dit vroeër plaaslik vervaardig was? Maak net nie sin nie. Die oorspronklikroduk het te kolonialisties geproe. Kellogg’s moet versigtig kyk na wallmart kyk. Hulle begin agtergekom hulle mark keuse knyp mettertyd. Die bestendige mark is maar die tans agtergeblewenes. Hulle gaan hulself ook van die mark af dekoloniseer.

Anel ·

Soos jy sê. Iemand moet.betaal vir die halaal merk. Ek het eendag vir iemand in die winkel wat vir my ‘n sampel wou laat proe van ‘n nuwe sjokolade gevra of dit halaal is. Hy sê toe ja. Toe sê ek nee dankie, ek hou nie van halaal kos nie dit proe sleg. Hy het nie geweet wat om te sê nie.

Deloris ·

Nou toe… ‘ons’ vra om dit terug te bring Dan is dit duurder..
, ????

Lidia ·

Hulle maak dit duurder,om os as verbruikers te forseer om di Vanielje te koop.Ek koop eeder dan maar mieliemeel en maak pap.al vat dit langer…

Alet ·

Ja nee dis baie goeie nuus want ek wou elke keer kots met die vanielje geursel pops. Het geweier om dit weer te koop.

Alet ·

Nou vra ek… Waar kry hulle die oorsprong like pops om van dit in die aakligste vanielje geur te verander? Of jy dit oorspronklik hou of nie dit behoort mos nog steeds dieselfde te kos?

Som ·

Verstaan nie waarom dit duurder is nie, daar is dan minder bestandele in?

Roger ·

Alles seker terwille van winsbejag? Die toename aan swak kwaliteit produkte moet ‘n groot bekommernis wees, veral omdat die die norm blyk te wees.

Zelda ·

Ek het hul klieëntediens gebel net na die oorspronklike RC verwyder is. Die man het aan my verduidelik dat hul 3 plaaslike grane gebruik omdat dit te duur is om in te voer. Dis hoekom dit heel anders gesmaak het. Ek het hom toe gevra of hulle nie eers navorsing doen om seker te maak wat die klieënt verkies nie, waarop hy net gesê het dat daar nou niks aan gedoen kan word nie. Ek het nooit weer daarna RC gekoop nie waar ek gewoonlik 5 groot bokse ñ maand gekoop het. Die vanilla geur is oneetbaar.

Annatjie ·

Ek sal graag wil weet of enige iemand van die vanielje geur gehou het.
Dit was aaklig.

Quintus ·

Ek het glad nie die vanielje rice krispies geeet nie !
Ek gaan ook nie die duur oorspronklike rice krispies eet nie !

Lou ·

Eet liewers regte kos soos spek en eiers of Mieliemeel en Hawermout pap.
Graan vlokkies en kits pap is ongesond omdat dit soveel geurmiddels en preserveermiddels inhet.

My opinie ·

Hawermout is in elk geval baie gesonder en goedkoper. Rice Krispies is net wind met geen voedingswaarde nie.

Hendrik van George ·

RC is net wind met suiker om – praat van ongesond!

Ons mis ons pops ·

Bring tog asb. die oorspronklike Coco Pops en Strawberry Pops terug. Die tekstuur en smaak vd nuwes is glad nie lekker nie. En Rice Krispies-koekies of enigiets met daai pops se resepte smaak glad nie meer soos dit moet nie.

Heinrich ·

Sekondeer, ek eet nie die nuwe gemors nie. En ek verstaan ook nie die konsep dat hulle nie meer die vorige soort kan maak nie maar moet invoer, dis bog: niemand bring iets nuuts uit en gooi die ou resep weg nie. Kellogs moet nou oppas vir ‘n verdere boikot.

AmY ·

Ek bly maar by my hawermoutpap, dankie.
Goedkoper, en jy kan baie meer mense voed.
Swaar groot geword, en gesien hoe ons bespaar het met hawermoutpap, mieliepap, tasty weat en matabella, én ek was tot ná kortpouse nog steeds vol gewees.
Tot vandag kou ek langtand aan rice crispies, cornflakes en al daai kitspappe.
Swaar grootword leer jou om min fiemies te hê.

Riaan ·

Gelukkig is ek klaar met die rassisties maatskappy (kellogs). Einde verlede jaar het hulle by monde van hulle woordvoerder wat hierbo genoem word erken dat hulle besigheids praktyke op ras gebaseer is en dat sekere produkte dus net in spaza shops beskikbaar is.
Klagtes na die hoofkantoor in VSA het niks opgelewer nie wat vir my se die yanks steun die rassisme!

Stof ·

Seker die beste besluit wat enige maatskappy die afgelope paar jaar kon.
Elke smaakklier in die land jubel saam!

Laetitia ·

Toe ek meer as 7 mnde gelede gekla het en e-pos gestuur het aan Kelloggs, toe was die terugvoering vanaf hulle dat baie mense dit verkies. En nou!!!

Michelle ·

GeWonersh Rise Krispies het ons gevat in die winter ‘n pot soet vla gemaak en die Rise Krispies daar ingegooi hy kan nie flop nie beter nagereg vir die winter kry jy nêrens en dit het later ‘n tradisie geword nie met die ander smake nie. Probeer dit asb as ‘n nagereg as dit weer op die mark terug is. Gesonde hawermout vir pap is net reg.

AZ ·

Nou wonder ek – Het hulle dan nooit die oorspronkile tipe in SA vervaardig nie??? En as hulle het, hoekom kan hulle nie weer nie en sê dit moet ingevoer word.
Ek verpes hierdie alewige verandering van produkte. Waarom die alewige verandering aan iets wat werk….

Vince ·

Niemand nog gekla oor die wit gesiggies op hul verpakking nie??

Rina ·

Hulle het al die masjiene en toerusting verkoop om die oorspronklike te maak. Maw die maatskappy gestroop

DA BO ·

Ek koop toe maar by spar hulle rice pops. Hulle is bietjie harder maar met kookmelk is dit heerlik. Ek maak allerhande koekies en dinge van die rys. En spar se rice pops werk net so goed. So nou kan hulle maar rice crispies hou.

Jo ·

Verseker gaan ons dit nie koop as dit so duur is nie – daar is alternatiewe wat werk – soos spar sin.

JV ·

Ek het oorgeslaan na Bokomo se cornflakes en all bran. Geen Kellogs meer vir my.

Yolandi ·

So kan hul asb nou die oorspronklike coco pops ook terug bring ?!?

barend v d westhuizen ·

daar is 2 goed in kos wat dit n smaak gee en is vat en nder een is suiker en hulle het na teerlik die suiker in houd verminder daar om smaak dit sleg wand hulle moet nou suiker tax betaal op die hoeveel hied wat gebruik word

Amanda ·

Woolies se ‘rice Krispies’ veral die chocolate ene is lekker en nie so duur nie.

Doris ·

Ek kan nie glo die storie dat die oospronklike Rice Crispies ingevoer moet word van Brittanje af nie,waarvoor ons ten duurste moet betaal. Waar het hulle jare terug se ordentlike Rice Crispies gekry. Dit is definitief nie ingevoer nie. Ek dink hulle moet ophou met die stories van die ordentlike goed wat ingevoer word. Hier in ons land kan ons ook goeie goed maak. As die mense maar weet wat gaan aan in oorsese fabrieke gaan hulle ophou om ingevoerde kosse te koop en te eet. Ek dink in elk geval hul moet meer aandag aan ons kos fabrieke gee wat betref die skoonheid daarvan en hoe daar te werk gegaan word. Fabrieke waar daar met enige voedsel gewerk word moet skoon en netjies wees.

Pim ·

Spar se ‘no name brand’ rice krispies is ook nog soos die oorspronklike een

Wilma ·

Die oorspronklike Rice Crispies het ons dikwels gebruik om tradisionele Dadel en RC lekkers te maak. Met die Nuwe Rice Crispies was die lekkers oneetbaar. Weet nie waarom ons nou moet in voer om die oorspronklike RC te kry nie? Lyk vir.my die Verbruiker gaan iewers weer aan die kortste end trek.

“So Crisp they Crackle in Cream” ·

Dit snack, crackle en pop behoorlik soos wat kommentators deelneem aan hierdie belangrike nuusberig. Rice Krispies is seker al so oud soos wat Metusalem geword het en selfs mense wat donkie jaaarre gelede geleef het het dit vir ontbyt geëet. Kortom: Maroela lesers hou seker baie van Rice Krispies daarom die baie kommentaar op die berig.

Anoniem ·

So. Jy lewer self kommentaar. Seker maar belangrik vir jou ook.

Alex ·

Ou RC was van rys gemaak, vandaar die naam Rice in RC. Die nuwe “RC” word van 3 grane gemaak, vandaar die nuwe “smaak”.

Snap Crackle en Pop ·

PnP Hyper verkoop no name brand rice crispies wat baie lekker is. Ek koop nie die gebokste pappe nie, dis net eenvoudig te duur….

Anoniem ·

As jy nie gebokste pap koop nie, hoe weet jy PnP s’n is lekker?

Regtig ·

Nou moet dit ingevoer word….. Regtig kan die fabriek nie in SA dit maak nie soos hulle dit altyd gedoen het nie? Regtig nou is die soveel duurder …..

Annelize ·

Teen daardie prys kan dit maar staan en miet en stof vergaar op daardie rak. So bly is ek ook nou nie oor die terugkeer van die oorspronklike Rice Krispies nie.

Amanda Hulme ·

‘n Spar naby my huis waar ek woon se prys vir die “ingevoerde” Rice Crispies is R115.00 per box!? Ek was vreeslik bly om dit op die rakke te sien, maar nie gekoop nie want die prys is heeltemal te hoog.

Marius ·

Snap Crackle en Pop julle het in saxonworld gaan wegkruip!

JJ ·

Nee kyk n Afrikaner kan ook maar nooit tevrede wees nie! Moan as ons dit nie het nie en moan as ons dit het, moan moan kerm en kla.

juba ·

Dit is nou so met Coke, minder suiker met dieselle smaak. Ag strooi man, ek koop glad nie meer Coke nie, hond sleg.

Annelize ·

Kyk, tot my vierbeen kinders het hulle snoete opgetrek vir die aaklige. Maar teen DAARDIE prys, trek hierdie tweebeen vrou ook haar neus op. Dit kan staan en miet lok op daardie winkelrak vir al wat ek omgee.

Smesu ·

Ek het een keer die nuwe boks gekoop en helfte weggegooi. Dit was altyd in ons trollie, en noudat hulle dit terug bring gaan dit duurder wees as die crap wat ons nie wou hê nie. Ag nee rerig Kelloggs! Get a grip. Nou gaan niemand dit koop nie want dis duurder. Stupid verby

Alta ·

Jammer daai vanilla rice crispies se vorm was ook nie dieselfde nie.dit was kleiner en het glad nie eers gecrackle pop nie..m.a.w. die tekstuur was heel anders. Nou ewe skielik moet dit ingevoer word…….nonsies….Eet julle dit maar..

Blommetjie ·

Kan julle nog die rice Krispies en caramel cones onthou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.