Ek het hierdie resep jaar na jaar gebruik toe ek kos-ma was vir die eerstejaarskamp op die PUK en elke jaar was dit ‘n treffer. Die hele gereg is binne 45 minute kant en klaar en is oorgenoeg vir 4 tot 6 mense.
Bestanddele:
500g pasta (skulpies werk lekker vir die resep)
1 blik tamatie puree
1 blokkie hoenderaftreksel opgelos in 125ml kookwater
2 koppies water
250 g spek (in blokkies gesny)
4 Ontbeende hoenderfillette (in blokkies gesny)
1 Ui
2 koppies sampioene (gesny)
250 ml suurroom
Kaas
Metode:
- Kook die pasta in die tamatiepuree, water en hoenderaftreksel tot die pasta sag is.
- Braai die spek, hoender, ui en sampioene in ‘n pan.
- Gooi die gebraaide bestanddele by die pastamengsel, roer dit mooi deur en laat ‘n paar minute prut.
- Roer die room 5 minute voor opdiening by en strooi kaas oor.
Variasie: Die hoender in die resep kan ook met prons of selfs biltong vervang word. ‘n Blikkie roommielies kan ook bygevoeg word.
Smaaklike ete!
Ingestuur deur: Moira-Marie Kloppers
Klink na die perfete kossie vir my, stysel is ba-aan my lys van gunstelinge en dit kan baie lekker oorskiet-toebroodjie-vulsel maak. hmmm…lekker.