Soorte resepte:

Peperduur skyfies nou te koop

Foto: sterikschips.se/eng

ʼn Sweedse brouery het aartappelskyfies bekend gestel wat jou 56 dollar (ongeveer R750) uit die sak sal jaag.

As jy dink dit is ʼn vreeslike groot pak skyfies, dink weer. Vir dié prys kry jy slegs vyf skyfies.

St. Erik’s Brewery het dié duur peuselhappie bekend gestel as ʼn aanvulling vir die brouery se premium bier.

“Ons is passievol oor die vakmanskap wat in ons bier ingaan en daarom wou ons ʼn peuselhappie met dieselfde waarde saam met ons bier bedien. ʼn Eersteklas bier moet saam met ʼn eersteklas happie bedien word,” sê ʼn Marcus Friari, woordvoerder van die brouery.

Volgens die maatskappy is dié skyfies van baie hoë gehalte en baie eksklusief. Die skyfies word verkoop in ʼn duursame boks en elkeen lyk asof dit presies ewe groot is.

Miskien pas dié produk so reg in jou kraal, maar ons sal eerder hou by die gewone winkelskyfies…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Annelie Bronkhorst ·

Ag nee 4k, dan bak ek my eie tjips by di huis met di skil aan….

Johann cb ·

Die skyfies sal nogal by my nuwe Ferrari pas! Cheers…en tjorts!

Gerd Lourens ·

Johann. Ek soek ‘n plek waar ek my leë boksies kan stoor…

Marnus ·

Ek sal soos ‘n idioot voel met die swart boks met 5 tjips daarin.

Flibo ·

Ag!! Hulle is gerook !!! Met die rand wat nou so gaan val gaan dit jou dalk R1500 kos vir 5 skyfies. Malligheid !!!

Simba ·

Van nou af sal net hierdie skyfies by die nuwe ANC funksies beskikbaar wees.

Pringles ·

Mooi Katje. Ek het nogal gewonder hoe lank voor iemand dit gaan uitfigure.

jj ·

Sal dit dalk koop….as ek blerrie baie van daai bier gedrink het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.