Soorte resepte:

Pinkie in die lug, kom drink tee in Langstraat

Lady Bonin's Tea. Foto: Claire Gunn Fotografie

Lady Bonin’s Tea. Foto: Claire Gunn Fotografie

Kapenaars kan nou pinkie in die lug in die bekende Langstraat ook ʼn koppie tee geniet.

Sedert die opening vroeër vandeesmaand van Lady Bonin’s Tea, Jessica Bonin se teekroeg in Kaapstad se middestad, stroom inwoners en toeriste na dié unieke winkel wat ʼn ervaring soos min en verskillende wegneemteedrankies te koop bied.

Volgens Jessica wil dié knus teewinkel mense se persepsies oor tee verander. Sy vertel die teekroeg is ʼn konsep waaroor sy al ʼn geruime tyd dink. “Ek het so ses jaar gelede met die idee vorendag gekom, maar moes wag vir die mark om gereed te kom vir dié produk.”

Sy sê sy wil met dié kroeg vir tee doen wat die restaurantbedryf vir koffie gedoen het. “Ek hou baie van die konsep van wegneemkoffie, maar omdat ek nie ʼn koffiedrinker is nie, sou ek graag lekker wegneemtee wou bestel,” verduidelik sy.

Jessica voeg by sy wil ook mense inlig oor die wonderlike voordele wat die drink van tee kan inhou, sowel as die voedingswaarde daarvan. “Tee kan jou kanse op ʼn hartaanval verklein, dit kan jou meer stamina gee wanneer jy oefen en die antioksidante in tee kan selfs sommige soorte kanker beveg. Tee hidreer ook die liggaam en kan jou kanse op siektes soos Parkinson se siekte verminder.”

Jessica voer meestal van haar tee in van China, Japan en Indië, maar ondersteun ook plaaslike ondernemings wat tee verbou. “Hoewel my grootste verskaffer in dié stadium China is, is dit vir my belangrik om ook dwarsoor Suid-Afrika plaaslike ondernemings te ondersteun.”

Lady Bonin’s Tea het tans 13 verskillende soorte wegneemtee, en meer as 40 verskillende soorte wat sy versprei aan kleinhandelwinkels.

“Ek probeer nie mense se gedrag verander nie, ek probeer ʼn alternatief skep vir mense wat eerder tee verkies. Sover doen die restaurant goed, omdat mense nog nuuskierig is oor die konsep, maar ek dink dit is beslis baie volhoubaar.”

Besoek Lady Bonin’s Tea se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CAB ·

Ek dink dit kan nou werk, Ek sommer lus vir n Koppie Tee.
Ek so jaar terug tee begin drink en kan glad nie meer koffee drink nie nie.
Ek geniet my koppie 5 Rose (Skut ook altyd die melk dat dit skuim) en dit nogals sonder suiker, waar ek gewoonlik 3 in my koffee gedrink het.

Nico K ·

Dit is snaaks dat koffie nou so gewild is in SA. Ek dink die meeste van ons drink beide, en ek ken baie mense wat net tee drink. En daar is deesdae so groot verskeidenheid. Maar nou wil ek graag daai winkel vra wat al hul tee uit Indië en Sjina kry. Waar is julle Rooibos en Heuningbos?

Dirk ·

Ek dink dit is n uitstekende artikel wat al die voordele van tee vir gesondheid uit wys. Ek het Rooibos tee gebruik om my naarheid te vermy sodra ek n Desmund Dube advertensie op SABC sien. Rooibos het nie gehelp nie :(
Die resultate kon ongelukkig nie wetenskaplik bevestig word nie, maar die teorie is dat dit geduld en frustrasie oor die algemeen aanhits teen n ongekende spoed.
Waar was ek. O, ja. Tee is die beste vir gesondheid. Vra enige dokter.
Groete
Dirk

Mona ·

A-haaa! Agulhas Honeybush Tea is daar, gaan proe gerus! Ons is een van die “plaaslike ondernemnings” wat Jessica ondersteun! Gaan groot meisiekind!

Tea42 ·

Drink al derjare nie meer koffie nie en as iemand naby my met ‘n koffie-asem kom gril ek my dood. Maar ek gun elek diertjie sy plesiertjie; vir my is daar net een drankie en dis ‘n koppie rooibos!Kleintyd het my ma al vroeg die pot rooibos blare tee op die stoof laat staan en kook en by die tyd dat ons ontbyt eet was daai geure die huis vol en kon mens nie wag om ‘n groot bekevol te drink nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.