Soorte resepte:

Resep: Pizza-horinkies

Foto: Makietie.

Foto: Makietie.

Voorbereiding: 40 minute plus rystyd.

Horinkies

Bestanddele:

500 g (4 x 250 ml) witbroodmeel

5 ml sout

5 ml suiker

1 pakkie (10 g) droë gis

325 ml louwarm water

45 ml olyfolie

Metode:

  • Meng die droë bestanddele in die bak van ʼn elektriese menger.
  • Voeg die water en olie by. Knie dit met die deeghaak totdat dit ʼn sagte deeg vorm.
  • Bedek die deeg. Laat dit rys tot dubbel die volume.
  • Voorverhit die oond tot 180 °C. Bedek kegelvorms met tinfoelie en spuit die foelie met kleefwerende kossproei.
  • Knie die deeg af en deel dit in tien stukke. Rol elke stuk in ʼn 10 x 15 cm-reghoek. Vou die deegreghoeke om die kegelvorms. Pak dit op ʼn bakplaat en bak sowat 15 minute tot bros en ligbruin.
  • Laat effens afkoel en trek die broodhorinkies van die kegelvorms af. Plaas dit in oondvaste houers sodat dit met die opening na bo kan staan (bekers werk goed).

Vulsel

Bestanddele:

125 ml geblikte pynappel, gekap

200 g ham van jou keuse, gekap

100 ml tamatiepuree

sout en peper

200 g mozarellakaas, gerasper

Metode:

  • Meng al die bestanddele saam en skep dit in die gebakte horinkies.
  • Bak weer vir 10 minute by 180 °C tot die kaas gesmelt is.
  • Bedien in bekers of glase.

Bron:

Makietie, ’n resepteboek deur Tiaan Langenegger & Mynhardt Joubert, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek gerus hul webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.