Soorte resepte:

Proe van die wêreld se beste whiskies

Bunnahabhain. Foto: Verskaf

Bunnahabhain. Foto: Verskaf

Hier is nou jou geleentheid om die wêreld se topwhisky te proe – Bunnahabhain, wat onlangs gekroon is as die “Distilleerdery van die Jaar” by die 2016 San Francisco World Spirits-kompetisie, gaan binnekort by die Wade Bales Wine & Malt Whisky Affair ʼn eksklusiewe versameling te proe aanbied.

Hierdie geleentheid, wat die sewende jaar agtereenvolgend aangebied word, vind op 6 Mei plaas by die African Pride 15 on Orange Hotel in Kaapstad.

Gaste kan verwag om drie enkelmoutwhiskies uit die eksklusiewe Bunnahabhain-versameling, wat almal medaljes losgeslaan het in die kompetisie in San Francisco, te proe. Die 12, 18 en 25 jaar oue whiskies keer terug na die tradisionele tegniek wat kleur, aroma en geur versterk. Die whiskies is dus so natuurlik as toe hulle uit die vate gekom het.

Pierre Meintjes, een van Suid-Afrika se voorste whiskykenners, sal aan besoekers verduidelik hoe die elegante en natuurlike smaakprofiele van Bunnahabhain se enkelmoutwhiskies bewerkstellig is, en hoekom dit so bekend en gewild is. Meintjes is ook een van slegs 160 Masters of the Quaich wêreldwyd, ’n skaars en besonderse eer wat deur die Skotse whiskybedryf toegeken word.

Besoekers kan hulle gereed maak vir ’n gesofistikeerde geleentheid waar hulle kan skouer skuur met ander whiskyliefhebbers en van die beste wyn en whisky ter wêreld proe terwyl hulle ’n keur van topkaas, antipasti en spesialisbrode geniet.

’n Gratis selfoon-app sal besoekers in staat stel om meer van die wyne en whiskies by die geleentheid te wete te kom en dié wat hulle geniet met ander te deel. Hierdie gratis app kan afgelaai word by m.wine23.co.za.

Kaartjies kos R180 per persoon en sluit ’n komplimentêre glas in, asook toegang tot al die wyn- en whiskyprodusente by die geleentheid, en die smaaklike kos wat aangebied word.

Kaartjies is nou reeds beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting, kontak die Wade Bales Wine Society by 021 794 2151.

Die prys van Bunnahabhain is R700, R1 499 en R3 499 vir onderskeidelik die 12, 18 en 25 jaar oue whiskies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tiger ·

Sou graag net ‘m snuifie wou vat van die besonderse whisky!Dis te duur om te wil drink ha-ha!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.