Soorte resepte:

Propvol aartappeljassies

Bron: Trooskos deur Clover

5 groot (1 kg) aartappels, geskrop
250 g spek, gebraai en gekap
6 sprietuie, gesny
¼ k (60 ml) Clover suurroom
¼ k (25 g) Clover Goudakaas, gerasper
¼ k (25 g) Clover Cheddarkaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
¼ k (60 g) Clover Mooi River botter, gesmelt
gesnipperde grasui

Voorverhit die oond tot 180⁰C. Rangskik die aartappels op ‘n bakplaat en bak 45 tot 60 minute lank op die middelste oondrak. Laat afkoel. Meng die spek, sprietuie, suurroom en helfte van die kase en geur met sou en peper. Hou eenkant.

Voorverhit die oondroosterelement tot matig warm. Sny die afgekoelde aartappels versigtig in kwarte, sodat die skille heel bly. Skep die aartappelvleis uit die skille, maar behou ‘n 5mm laag in elke kwart. Rangskik op ‘n bakplaat met die skil na bo. Verf helfte van die botter oor die skille en rooster 3 tot 4 minute tot goudbruin. Draai om. Verf die res van die botter oor en rooster weer vir 3 tot 4 minute.

Skep die spekmengsel in die holtes van die skille. Strooi die res van die kaas oor en rooster nog 4 tot 5 minute, of totdat die kaas gesmel en goudbruin is. Strooi gesnipperde grasui oor en sit voor.

Uit:Trooskos deur Clover
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.