Soorte resepte:

[Resep] Ontbyt in ʼn glasie

Ontbyt in ‘n glasie (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Vinnige ontbyt vir lui of stadige eters.

Bestanddele:

  • 100 ml yskoue water
  • 350 ml laevetmelk
  • 2 klein (120 g geskil) piesangs, geskil, in skyfies gesny
  • 1 x 20 g Weet-Bix-blokkie, gekrummel
  • 10 ml suiker of suiwer rou heuning
  • 2,5 ml vanieljegeursel na smaak

Metode:

  1. Verpulp al die bestanddele saam in ’n versapper tot glad en skuimerig.

Variasies:

  1. Vervang die piesang met enige ander vrug(te) van jou keuse.
  2. Hou in gedagte dat vrugte soos kiwivrugte, pynappel en papaja ensieme bevat wat die melkproteïen kan afbreek en dat die bestanddele moontlik na ’n tyd kan skei.

Vervang die Weet-Bix met ’n skeppie volgraan ProNutro of ’n veselryke kitsontbytgraan van jou keuse

Bron: Uitpakkos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.