Soorte resepte:

[Resep] Alles-in-een-ontbyt-pakkie

Ontbyt-tortilla

Alles-in-een-ontbyt-pakkie Foto: Trooskos

As jy nie meer kans sien vir ontbytpap nie, is hierdie dalk ʼn goeie plaasvervanger.

Genoeg vir 1

Bestanddele:

  • 2 e (30 ml) Clover Mooi River-botter
  • 2 e (30 ml) olyfolie
  • 4 sampioene, in kwarte gesny
  • 3 sprietuie, gekap
  • 5 kersietamaties, in kwarte gesny
  • 2 repies spek, bros gebraai en gekap
  • 3 eiers
  • 1 e (15 ml) Clover- vars room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 tortilla

Metode:

  1. Verhit die helfte van die botter en olie oor matige hitte in ʼn pan en soteer die sampioene vir 3 minute. Voeg die sprietuie en tamaties by en roerbraai nog 2 minute.
  2. Skep in ʼn bakkie en roer die spek by. Hou eenkant. Klits die eiers, room, sout en peper saam. Verhit die res van die botter en olie in die pan en giet die eiermengsel daarin.
  3. Laat 2 minute gaar word en roer van die rand van die pan na binne totdat die eiermengsel net gestol is.
  4. Verwyder van die hitte en roer die sampioenmengsel by. Verhit die tortilla volgens die aanwysings op die verpakking en skep die eiermengsel daarin. Vou netjies toe en sit dadelik voor.

Bron: Trooskos
Uitgewer: LAPA Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.