Soorte resepte:

Resep: Appelkoos-en-brandewyn-mosterd

mostert

Argieffoto (Foto: Bottel en Gebruik/Lapa Uitgewers)

Hierdie resep is beslis nie mosterd ná die maal nie …

Lewer ± 300 ml

Bestanddele:

  • 250 ml gedroogde appelkose
  • 100 ml geel mosterdsaadjies
  • 150 ml water
  • 30 ml brandewyn of appelkoosbrandewyn
  • 50 ml mosterdpoeier
  • 25 ml heuning

Metode:

  1. Meng die appelkose en saadjies in ʼn bak, giet die water en brandewyn oor, bedek en laat dit ʼn uur of twee staan om te week.
  2. Verpulp dit saam met die mosterdpoeier en heuning in ʼn voedselverwerker tot dik, romerig en glad.
  3. Skep dit in gesteriliseerde bottels en verseël.
  4. Laat dit ʼn paar dae op ʼn koel, droë plek staan voor gebruik sodat die smaak kan ontwikkel.

Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.