Die volgende resep is vir ‘n basiese witsous. Voeg 100 g/250 ml gerasperde Cheddarkaas by om ‘n basiese kaassous te maak.
Bestanddele:
115 g/125 ml botter of margarien
70 g/125 ml koekmeel
500 ml melk
sout en swartpeper na smaak
Metode:
1. Smelt die botter of margarien in ‘n kastrol en roer die koekmeel by.
2. Roer die melk bietjie vir bietjie by totdat ‘n dik sous vorm.
3. Prut die sous ongeveer 2 minute en roer aanhoudend.
4. Voeg die geurmiddels by.
Bogenoemde resep is vir ‘n basiese witsous. Voeg 100 g/250 ml gerasperde Cheddarkaas by om ‘n basiese kaassous te maak. Of voer 100g/250ml gerasperde Cheddarkaas en 5 ml aangemaakte Engelse mosterd by vir ‘n pikante kaassous.