Lewer ± 750 ml
Bestanddele:
- 1 kg vars of bevrore bloubessies
- 400 ml water (250 ml vir bevrore
- bessies)
- 200 g bruinsuiker
- 45 ml crème de cassis-likeur
Metode:
- Verhit die bessies saam met die water, kook vir 5 minute en laat effens afkoel.
- Verpulp dit tot glad en vryf dit deur ’n sif. Druk goed met ’n houtlepel om seker te maak dat alle sap uitgepers word.
- Verhit die puree, voeg die suiker by en roer oor lae hitte tot dit opgelos is.
- Kook vir 2-3 minute, roer die likeur in en laat prut vir ’n minuut.
- Giet die orige sous in gesteriliseerde bottels en verseël.
Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Bottel en gebruik, Hannetjie Joubert
Bloubessies nie nou in seisoen nie, en vrek duur, so R35-R40 vir n 125g punnet. Wat van n paar resepte vir vrugte wat nou in seisoen is.