Soorte resepte:

[Resep] Bloubessiesous

Foto: Lekker en Vinnig

Bloubessiesous. Foto: Lekker en Vinnig

Lewer ± 750 ml

Bestanddele:

  • 1 kg vars of bevrore bloubessies
  • 400 ml water (250 ml vir bevrore
  • bessies)
  • 200 g bruinsuiker
  • 45 ml crème de cassis-likeur

Metode:

  1. Verhit die bessies saam met die water, kook vir 5 minute en laat effens afkoel.
  2. Verpulp dit tot glad en vryf dit deur ’n sif. Druk goed met ’n houtlepel om seker te maak dat alle sap uitgepers word.
  3. Verhit die puree, voeg die suiker by en roer oor lae hitte tot dit opgelos is.
  4. Kook vir 2-3 minute, roer die likeur in en laat prut vir ’n minuut.
  5. Giet die orige sous in gesteriliseerde bottels en verseël.

Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Bottel en gebruik, Hannetjie Joubert

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan Myburgh ·

Bloubessies nie nou in seisoen nie, en vrek duur, so R35-R40 vir n 125g punnet. Wat van n paar resepte vir vrugte wat nou in seisoen is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.