Bobotie het die manier om jou terug te vat huis toe. Blatjang, appelkooskonfyt en rosyntjies; kan jy dit al proe?
6-8 porsies
Bestanddele:
- 1 sny witbrood
- 45 ml (3e) blatjang
- 250 ml (1 k) Clover-volroommelk
- 60 ml (4 e) Clover Krush-mango-en-perskesap
- Clover Mooi River-botter
- 1 ui, fyngekap
- 10 ml (2t) matige kerriepoeier
- 1 kg beesmaalvleis
- 10 ml (2t) borrie
- 125 ml (½ k) pitlose rosyntjies
- 5 ml (1 t) sout
- 15 ml (1 e) appelkooskonfyt
- 3 eiers
- 2 lourierblare
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondbak van 30 x 20 cm met botter.
- Week die brood in 125 ml (½ k) van die melk. Hou die oorblywende 125 ml (½ k) melk eenkant.
- Smelt botter in ʼn kastrol en braai die ui tot sag.
- Voeg die maalvleis by. Roerbraai die maalvleis tot dit verkleur het en daar nie meer klonte is nie.
- Roer die res van die bestanddele, behalwe die oorblywende melk, eiers en lourierblare, by die maalvleismengsel. Verwyder die kastrol van die hitte.
- Druk die melk uit die geweekte brood. Roer die brood by die maalvleismengsel tot goed gemeng. Skep die maalvleismengsel in die voorbereide oondbak.
- Klits die oorblywende melk en eiers met ʼn vurk tot gemeng en giet dit bo-oor die maalvleismengsel.
- Druk die lourierblare in die vleismengsel en bak dit 50 minute of tot gestol in die middel.
- Sit dit warm voor saam met geelrys.
Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos
Uitgewer: Lapa
Njammies!!!!!