Geniet hierdie sterre saam met jou koppie tee!
Bestanddele:
- 280 g (500 ml) koekmeelblom
- 30 ml rysmeel of koekmeelblom
- 200 g (225 ml) botter
- 57 g (85 ml) versiersuiker
- 5 ml suurlemoenskil, fyn gerasper
- 30 ml suurlemoensap
Suurlemoenglasering
- 170 g (250 ml) versiersuiker
- 30 ml suurlemoensap
- geel of oranje voedselkleursel
- silwer sierballetjies (cachous)
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °
- Plaas die meel, botter en versiersuiker in die bak van ʼn voedselverwerker en pols vir 30 sekondes of tot die mengsel fyn en krummelrig is.
- Voeg die skil en sap by en meng vir 20 sekondes of tot die mengsel ʼn deeg vorm.
- Knie dit vir 20 sekondes op ʼn meelbestrooide oppervlak tot glad en rol die deeg 7 mm dik uit.
- Druk stervorms, 6 cm in deursnee, uit en plaas dit op gesmeerde bakplate.
- Bak vir 15-20 minute en laat afkoel.
Suurlemoenglasering
- Meng die versiersuiker en suurlemoensap in ʼn bak oor warm water tot glad.
- Doop elke koekie se bokant daarin en laat die oortollige glasering afdrup.
- Doop ʼn tandestokkie in kleursel en trek strepe op die versiersel voordat dit stol.
- Plaas ʼn silwer balletjie in die middel van elke ster.
Bron: 101 kleinkoekies, Nettie Cilliers
Uitgewer: Lapa-uitgewers
“…glasering…”? Wat vir ‘n woord is dit? Daar bestaan nie so ‘n woord nie.
Die 30 ml rysmeel (of koekmeel) – word dit gebruik wanneer die beslag uitgerol word?
JSO, die woord “glasering” verskyn wel in die 6de Uitgawe van die HAT wat dieselfde betekenis het as “glasuring”.