Soorte resepte:

Resep: Brosbroodsterre met suurlemoenglasering

Brosbroodsterre met suurlemoenglasering (Foto: Lapa-uitgewers)

Geniet hierdie sterre saam met jou koppie tee!

Bestanddele:

  • 280 g (500 ml) koekmeelblom
  • 30 ml rysmeel of koekmeelblom
  • 200 g (225 ml) botter
  • 57 g (85 ml) versiersuiker
  • 5 ml suurlemoenskil, fyn gerasper
  • 30 ml suurlemoensap

Suurlemoenglasering

  • 170 g (250 ml) versiersuiker
  • 30 ml suurlemoensap
  • geel of oranje voedselkleursel
  • silwer sierballetjies (cachous)

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Plaas die meel, botter en versiersuiker in die bak van ʼn voedselverwerker en pols vir 30 sekondes of tot die mengsel fyn en krummelrig is.
  3. Voeg die skil en sap by en meng vir 20 sekondes of tot die mengsel ʼn deeg vorm.
  4. Knie dit vir 20 sekondes op ʼn meelbestrooide oppervlak tot glad en rol die deeg 7 mm dik uit.
  5. Druk stervorms, 6 cm in deursnee, uit en plaas dit op gesmeerde bakplate.
  6. Bak vir 15-20 minute en laat afkoel.

Suurlemoenglasering

  1. Meng die versiersuiker en suurlemoensap in ʼn bak oor warm water tot glad.
  2. Doop elke koekie se bokant daarin en laat die oortollige glasering afdrup.
  3. Doop ʼn tandestokkie in kleursel en trek strepe op die versiersel voordat dit stol.
  4. Plaas ʼn silwer balletjie in die middel van elke ster.

Bron: 101 kleinkoekies, Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JSO ·

“…glasering…”? Wat vir ‘n woord is dit? Daar bestaan nie so ‘n woord nie.

Penellope Jones ·

Die 30 ml rysmeel (of koekmeel) – word dit gebruik wanneer die beslag uitgerol word?

wilma ·

JSO, die woord “glasering” verskyn wel in die 6de Uitgawe van die HAT wat dieselfde betekenis het as “glasuring”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.