Soorte resepte:

Resep: French Toast met wildesampioene

French-Toast-met-wildesampioene

French Toast met wildesampioene. Foto: Jou beste lewe/CUM-uitgewers.

Hierdie vegetariese, graanvrye resep is genoeg vir twee mense.

Jy kan dit ook saam met ʼn geposjeerde eier voorsit as jy lus voel.

Bestanddele:

  • 150 g wildesampioene-mengsel
  • 2 groot plaaseiers
  • 100 ml melk
  • varsgemaalde sout en peper na smaak
  • 2 snye suurdeegrogbrood van goeie gehalte
  • 2 E plaasbotter
  • 1 E varsgekapte tiemie
  • 1 E varsgekapte basielkruid
  • 1 E Bovril of Marmite (opsioneel)
  • 20 g parmesaankaas
  • 2 knypies fyngerasperde suurlemoenskil

Metode:

  1. Sny die sampioene in stukke, maar moenie dit te fyn sny nie.
  2. Verhit ʼn pan oor medium hitte.
  3. Klits die eiers en die melk goed saam. Geur met sout en peper.
  4. Laat die brood vir ʼn paar sekondes in die eiermengsel rus en draai om sodat albei kante bedek is.
  5. Voeg een eetlepel botter in die pan en braai die broodjies tot goudbruin aan weerskante.
  6. Braai die sampioene met nog een eetlepel botter tot goudbruin en voeg die kruie by (moenie te veel roer nie). Geur na smaak met sout en peper.
  7. Smeer die broodjies met Bovril of Marmite, verdeel die sampioene tussen die broodjies en sit voor met parmesaankaas en suurlemoenskil.

Bron:

Jou beste lewe: Vinnige en gesonde gesinsetes deur dr. Michael Mol en John Berry. Die resepteboek is deur CUM-uitgewers uitgegee en kan hier bestel word.

Stuur vir ons jou French Toast-resep:

Het jy ʼn French Toast-gunstelingresep wat jy graag met ons wil deel? Jy het nie net ’n kans om wonderlike pryse te wen nie, maar ook om jou resep op die spyskaart by die French Toast Koffie Kafee in Hartbeespoort te sien. Skryf hier in. Die film French Toast is van 24 April af in teaters te sien. Lees meer oor die kompetisie hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.