Soorte resepte:

Resep: Gebakte eierkoppies

Foto: Maak Vyf: 1 Bestanddeel = 5 Resepte

Foto: Maak Vyf: 1 Bestanddeel = 5 Resepte

As jy weer Ius is om mense vir ’n laat-ontbyt oor te nooi, is hierdie gereg dalk net die ding om voor te sit. Die voorbereiding (sowat 30 minute) kan vooraf gedoen word . Bak die eiers net voor jy dit wil voorsit.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 10 ml (2 t) olyf- of avokado-olie
  • 250 g spekrepies
  • 1 klein ui, gehalveer en in dun skyfies gesny
  • 125 g sampioene, in skyfies gesny
  • 10 ml (2 t) gedroogde gemengde kruie
  • suurlemoensap, sout en peper
  • 6 gemarineerde songedroogde tamaties, in skyfies gesny
  • 6 eiers
  • 30 ml (2 e) gekapte vars grasuie
  • ’n handvol vars roketblare om voor te sit

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 6 groot ramekins (oondbakkies) van 100-125 ml elk met ’n bietjie van die oIie. Voer elke bakkie met ’n paar repe spek uit en pak dit op ’n bakplaat (’n muffinpan kan ook gebruik word).
  2. Verhit die res van die olie in ’n braaipan en soteer die ui en sampioene saam met die kruie tot sag. Geur na smaak.
  3. Verdeel die mengsel tussen die 6 bakkies en sit die songedroogde tamaties bo-op. Breek ’n eier bo-oor in elke bakkie. Bedek elke bakkie liggies met aluminiumfoelie.
  4. Bak vir 10-15 minute of totdat die eier na voorkeur gestol het. Strooi die grasuie bo-oor en sit met roketblare en roosterbrood voor.

Bron: Maak Vyf: 1 Bestanddeel = 5 Resepte
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.