Soorte resepte:

Resep: Gesmoorde niertjies

Argieffoto Bron: pinterest.com

Argieffoto Bron: pinterest.com

(4 – 6 porsies)

Bestanddele:
8 skaap- of 2 beesniere
50 ml koekmeelblom (4 e)
50 ml olie, botter of margarien (4 e)
1 medium ui, fyngekap
2 medium tamaties, opgesny
10 ml sout (2 t)
1 ml peper
roosterbrood of kapokaartappels
2 takkies pietersielie
5 ml Aromat (1 t)

Metode:
1. Was die niertjies in koue water en sny in die lengte deur.
2. Trek die buitenste vlies af en knip die nierpypies en binneste ligte deel met ʼn kombuisskêr uit.
3. Rol in meelblom.
4. Soteer saam met die ui in die vet of olie totdat die ui ligbruin is.
5. Voeg die tamatie, sout en peper by en kook ongeveer 10 minute lank stadig.

Resep: Ina Steyn
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.