Soorte resepte:

Resep: Griekse herderspastei

Foto: Wenresepte 1

Foto: Wenresepte 1

Hierdie gereg bestaan uit ʼn geurige maalvleisvulsel tussen twee lae kapokaartappels. Sit dit warm voor met ʼn tamatieslaai.

Bestanddele:

  • 750 g aartappels
  • 100 ml room of melk
  • 1 eiergeel
  • knippie neutmuskaat
  • sout en peper na smaak
  • 250 g beesmaalvleis
  • 25 ml sonneblomolie
  • 2 middelslag uie, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 5 ml sout
  • knippie peper
  • 10 ml tamatiepasta
  • knippie basiliekruid of roosmaryn
  • 100 ml vleisaftreksel of rooiwyn
  • 50 g (I25 ml) gerasperde cheddarkaas

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200°C (400 OF). Smeer ʼn middelsIag oondvaste bak.
  2. Skil die aartappels, kook in soutwater tot sag en druk fyn.
  3. Voeg die room of meIk, eiergeel, neutmuskaat, sout en peper by en klop tot goed gemeng.
  4. Braai die maalvleis in die olie tot droog. Voeg die uie en knoffel by en braai tot sag. Voeg die sout, peper, tamatiepasta, basiliekruid of roosmaryn en aftreksel of wyn by, meng en kook vir ʼn rukkie.
  5. Smeer die helfte van die kapokaartappels in die bak. Skep die vIeismengsel bo-oor en bedek met die oorblywende kapokaartappels.
  6. Strooi die kaas oor en bak vir 20-30 minute.

Bron: Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.