Dit is makliker as wat jy dink!
Bestanddele
- 1 ryp avokado
- 1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
- 10 ml koljanderblare, fyngekap (opsioneel)
- 10 ml suurlemoensap
- 1 salot, fyngekap
- 5 ml sjerrie-asyn
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode
- Skil en ontpit die avokado en sny enige kneusplekke uit.
- Plaas in ’n bak saam met die res van die bestanddele en druk dit fyn met ’n vurk totdat ’n gladde smeer vorm.
- Geur na smaak.
Bron: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek
Dis nie n regte rede nie!! Ek bly in Amerika in New Mexico en meet am die meksikaanse resepte. Al way jy nodig het is n eetlepel sunroom, avocado, een jalepeno fyn gekap sout en paper. Dis al