Soorte resepte:

Resep: Hoe om guacamole te maak

Dit is makliker as wat jy dink!

Bestanddele

  • 1 ryp avokado
  • 1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
  • 10 ml koljanderblare, fyngekap (opsioneel)
  • 10 ml suurlemoensap
  • 1 salot, fyngekap
  • 5 ml sjerrie-asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak


Metode

  1. Skil en ontpit die avokado en sny enige kneusplekke uit.
  2. Plaas in ’n bak saam met die res van die bestanddele en druk dit fyn met ’n vurk totdat ’n gladde smeer vorm.
  3. Geur na smaak.

Bron: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

izelle matthes ·

Dis nie n regte rede nie!! Ek bly in Amerika in New Mexico en meet am die meksikaanse resepte. Al way jy nodig het is n eetlepel sunroom, avocado, een jalepeno fyn gekap sout en paper. Dis al

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.