Soorte resepte:

Resep: Kaas-en-spekpasteitjies

kaas-en-spekpasteitjies

Kaas-en-spekpasteitjies. Foto: Berna Coetzee/Landbouweekblad.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele:

  • 1 x 400 g-rol skilferkorsdeeg
  • 20 ml soet rissiesous, basiliepesto of
  • songedroogde tamatiepesto
  • 125 ml gebraaide, gesnipperde spekvleis
  • 250 ml gerasperde kaas (ons het 125 ml cheddar en 125 ml mozzarella gebruik)
  • 1 eier, geklits

 Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak effens dunner uit en druk met ’n koekiedrukker agt groterige sirkels uit.
  3. Smeer ’n teelepel soet ­rissiesous of pesto van jou keuse op vier van die sirkels se binnekante.
  4. Skep twee eetlepels elk spekvleis en kaas in die middel van die gesmeerde sirkel.
  5. Bedek die kaas-en-spek­hopie met die ander (ongesmeerde) deegsirkels en druk die kante goed met ’n vurk toe.
  6. Pak die vier pasteie op ’n uitgevoerde bakplaat en verf met geklitste eier.
  7. Bak vir 15-20 minute tot goudbruin en deurgaar.
  8. Sit warm voor met slaai en ’n sous van jou keuse.

Bron:

Die resep van Arina du Plessis is gepubliseer in die Landbouweekblad en verskaf vir publikasie aan Maroela Media deur die bemarkingspan van die SA Kaasfees, wat vanaf 25 tot 27 April in Sandringham, Stellenbosch plaasvind. Besoek www.cheesefestival.co.za vir meer inligting oor die gewilde fees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.